23%
Laai betekenis... 23%

- AFRIKAANS BEHOORT AAN ALMAL, JOU POES -

Wors Passie is nie 'n kunstenaar nie. Hy's 'n fokkop wat hard praat. En skree.

Gebore in die karkas van Afrikaanse identiteit en opgefok deur kapitalisme se kloue, staan Wors Passie nie op 'n verhoog nie maar hy staan op 'n hoop stukkende drome en ou Kaapstad mentaliteit. Hy sing nie vir aanvaarding nie. Hy spoeg vir oorlewing. Sy musiek is nie hier om jou te troos of in 'n genre te pas nie. Dit's vuil, dis seer, en dis verby mooi.

In 'n wêreld waar alles verkoop word, selfs pyn, weier Wors om deel te wees van die vleismark. Jy kan nie vir Wors Passie 'n "brand" bou nie, want hy brand reeds van binne. Jy kan hom nie afpak en herverkoop nie. Jy kan hom nie 'monetize' nie. Hy's die fokken glitch in jou PayFast plugin.

Hy's 'n vinger in die oog van wit mense wat Afrikaans wil hou soos wit linne op 'n Sondagtafel. Die fokken mense wat gatekeep wat 'regte' Afrikaans is, asof jy nie kan vloek en voel in dieselfde asem nie. Wors Passie gee nie 'n poes um of jou Afrikaans reg gespel is nie. Solank dit bloei.

Hier is geen bemarkingsplan nie. Geen leë slogans nie. Geen fokken skedules en maandelikse content calendars. Net skoon chaos in klank. Hy maak tunes soos iemand wat besef het dat die wêreld nooit vir hom gaan werk nie, so hy besluit eerder om self die masjien te naai met 'n wors in sy hand en 'n kots in sy bors.

Wors Passie is nie deel van 'n beweging nie. Hy's die skuim in die hoek van die bek van kultuur self. As jy hom hoor en jy voel ongemak, dan werk dit. Dan raak dit jou waar jy nog nooit wou erken het jy voel nie. En as jy hom haat, is dit omdat jy iewers weet jy't al 'n stuk van jouself verkoop vir clout of goedkoop spyker.

Fok jou geld. Fok jou reels. En fok jou mooi Afrikaans.

VRA VIR WORS

Die wors weet alles...

WORS-TERMINAL-1.0
$